Fotogalery/Photo Gallery

SA KAMPIIOENSKAPPE 2016 - BLOEMFONTEIN

HIGHGATE 2016

SWD WEN 12 MEDALJES OP 20ste OP INTERPROVINSIAAL 2015, PE.

GENESSI SA TWEEKAMPKAMPIONESKAPPE

STELLENBOSCH - 3 & 4 APRIL 2015

SWD TWEEKAMP LIGA - GEORGE: 17 FEB 2015

OP INTERPROVINSIAAL 25 OKT 2014

39e SA TWEEKAMPKAMPIOENSKAPPE, POTCHEFSTROOM, 2014

Please click on the green title on top of the photos to see

GROTER OUDTSHOORN/KANGOGROTTE INTERPROVINSIALE TWEEKAMP

OUDTSHOORN, 1 FEB 2014

JOHAN WINDT VAN SWD BESTE BY KANGOGROTTE

 

Die 23ste GROTER OUDTSHOORN MUNISIPALITEIT/KANGOGROTTE INTERPROVINSIALE TWEEKAMP het die afgelope Saterdag 1 Februarie 2014 op Oudtshoorn plaasgevind.  In die verlede het hierdie byeenkoms as die Highgate Interprovinsiale byeenkoms bekend gestaan.  Atlete van 7 provinsies het in tradisionele Klein Karoo-hitte deelgeneem en uitstekend prestasies was aan die orde van die dag. Die Burgermeester van die Groter Oudtshoorn, Raadslid Gordon April, het tydens die opening almal welkom geheet in Oudtshoorn en almal versoek om gebruik te maak van die geleentheid om die Groter Oudtshoorn se wonderlike besienswaardighede te besoek.

 

Van Suid-Afrika se top tweekampatlete het ingeskryf en die provinsies gebruik graag hierdie byeenkoms om aan hulle spanne vir die SA Kampioenskappe wat vanjaar 4-5 April in Potchefstroom plaasvind, te skaaf.  Die KANGOGROTTE, ankerborg van SWD Tweekamp, het weer spesiale aansporingpryse aangekondig vir elke SA rekord wat verbeter word, maar dit het toe nie gebeur nie!  Die enigste byeenkomsrekord is deur die SWD-atleet Johan Windt, opgestel.

 

Meer as 400 atlete van 7 provinsies [WP, OP, Boland, SWD, VS, NWK en Griekwas] het deelgeneem.  Dit maak dit naas die SA Kampioenskappe die grootste tweekampbyeenkoms in Suid-Afrika.  Die spankompetisie is weer gewen deur BOLAND  gevolg deur WP in die tweede plek, OP derde en SWD vierde..

 

Die top atlete van die byeenkoms is:

  • Junior Victor Ludorem              William Kruger             BOL                  2326
  • Junior Victrix Ludorem            Kelly Vroom                  WP                   2345
  • Senior Victor Ludorem              Johan Windt                SWD                2298 [byeenkomsrekord]
  • Senior Victrix Ludorem            Ilse Beukmand              BOL                  2498

 

SWD het 10  medaljes verower.  Die volgende atlete was die medaljewenners:

GOUD::

D/11                             Trisha Pollicutte          2211

S/11                             Deon Horne                  2111

S/13                             George Marais              2312

Meesters Mans:            Johan Windt                2298

Dames Sen Veterane     Margi O"Connor            2198                            

SILWER:

S/11                             Jurie Geldenhuys         2086

BRONS;

D/11                             Selma du Preez             2200

D/13                             Hannah Kiley                2278

D/15                             Yvonne du Plessis          2309

Mans Veterane             Chris van Wyk              2261

 

Die volgende ligabyeenkoms is om 18:00 op 11 Februarie 2014 by HS Outeniqua op George. Vir meer inligting kontak Dave van der Walt [082-7734901]

INTERPROVINSIAAL, PE, 27 OKT 2013

HG 2013 TK BI

SA KAMPIOENSKAPPE 2012 KIMBERLEY

HIGHGATE 2012

OP Interprovinsiaal 29 Okt 2011

OP INTERPROVINSIAAL OKTOBER 2010

SA KAMPIOENSKAPPE 2010 - BLOEMFONTEIN

EP Interprovincial 2009

2009 HEINZ SA TWEEKAMP

SA 2008

Highgate 2008

SA 2007

Ontwikkelingskliniek 2006

SAs 2005

 


 
 
Coming Soon
 
© Kopiereg SWD Tweekamp. Alle regte voorbehou. - Webtuiste ontwerp en gehuisves deur JCW Hosting