Jongste Nuus/Latest News

R1 450 000 VIR SPORT IN EDEN

Op Dinsdag 4 April 2017 het die Weskaapse Minister van Kultuursake en Sport, me Anroux Marais, R1 450 000 aan 36 Eden Sportfederasies oorhandig. Hierdie befondsing moet aangwend word vir administrasie, ontwilleking en kapasiteitsbou van elke Federasie.  Dit sluit egter nog nie die befondsing vir die Top Byeenkomste wat in die Eden distrik aangebied moet word nie. dit het verlede jaar ongeveer R750 000 bedra. Tydens die geleentheid is ook klere aan n paar sportklubs wat in die Klubontwikkelingsprogram is, oorhandig.

SA REKORDS IN GEVAAR BY HIGHGATE TWEEKAMP

Die 26e Interprovinsiale byeenkoms vind op 4 Februarie 2017 plaas wanneer die tradisionele DCAS/GROTER OUDTSHOORN/HIGHGATE Interprovinsiale Tweekampbyeenkoms op Oudtshoorn aangebied word. HISENSE is tree ook op as die ‘n produkborg vir die byeenkoms! Sover bekend, is daar nie nog ‘n byeenkoms met so ‘n lang onafgebroke geskiedenis van aanbieding in die SWD nie! Op hierdie dag spook 7 provinsies [WP, BOL, SWD, OP, Vrystaat, Grens & Griekwas] dit weer uit in die hitte van die Klein Karoo! Vanjaar is daar ‘n rekord getal inskrywings – by die 537. Dit dui op ‘n 35% groei sedert verlede jaar!

 

Vanjaar is daar ‘n paar aanpassings wat van SA Tweekamp wat ingebring is – daar is nou ‘n 0/8 ouderdomsgroep [swem-25m; hardloop 400m] asook ‘n skole-kategorie waar van die top skole soos HS Outeniqua, HLS Oakdale, LS Glenwood, LS George-Suid en LS Wesbank [SWD], HS Hugenote, HS Curro Langebaan, HS Olifantvallei – Citrusdal, Laer Meisieskool Paarl [BOL], HS Stellenberg, HS Jan van Riebeeck, LS Durbanville, LS De Hoop en LS Jan van Riebeeck [WP].  Die wenners in beide afdelings gaan met die HISENSE Wisseltrofee wegstap!

 

Van die bekendes in die sportwêreld wat hulle teenwoordigheid aangedui het, is die Weskaapse Minister van Sport, Anroux Marais, Blackie Swart [President: SA Tweekamp], Raadsheer Conal Sylvester [Burgemeester, Groter Oudtshoorn], Regter Chris Jansen [SA Tweekamp Ere-President], Archie Markgraaff [SA Tweekamp – Erelid], Desmond Speelman [Voorsitter Eden Sportraad], Johan Keller [HIGHGATE], HISENSE se  Tony Shi, SA Tweekamp-bestuurslede [ Len Symington, Gerhard Louwrens] en provinsiale voorsitters.

 

Van Suid-Afrika se top tweekampatlete het ingeskryf – Mike Forbes [Grens], Johan Windt, Chris van Wyk, Tanya Osborne, Bernard Zaayman, Bianca le Grange, Herman Spangenberg, Maruis-Hugo en Gustav Schlechter [SWD],  Dawid Kriel, Beurick Kayser, Retief Ochse, Deon Velthuysen, Aimee Scott, Christi Noades, Kelly Vroon, Esrie Loock-Bezuidenhout, Marille Bass [WP], Ilse Beukman, Liezel Wessels, Jannie Briers-Louw, Daniel Malan [BOL].

 

Provinsies gebruik graag hierdie byeenkoms om aan hulle spanne vir die SA Kampioenskappe wat vanjaar 8 April in die Paarl plaasvind, te skaaf.  HIGHGATE VOLSTRUISVERTOONPLAAS [ankerborg van SWD Tweekamp], HISENSE [pryse van dusiende rande!] en Kangogrotte, bied weer spesiale aansporingpryse aan vir alle wenners.  Die ander groot borge is die Wes-Kaap Departement van Kultuursake & Sport [DCAS], Oudtshoorn FORD en Groter Oudtshoorn Munisipaliteit.

 

Dit maak dit naas die SA Kampioenskappe die grootste tweekampbyeenkoms in Suid-Afrika.  Die spankompetisie gaan vanjaar groot uitdagings van WP, Boland en OP vereis.  Elke provinsiale span word ook toegelaat om ‘n A-span, B-span en Ontwikkelingspan in te skryf.   Dit is een van die min byeenkomste waar die ontwikkelingsatleet ook tot sy reg kom.  Daar word weer vanjaar vir gestremdes atlete voorsiening gemaak.  Hulle baanitem bestaan uit 400m en swem 50m. 

 

Die Uitvoerende Burgemeester van Oudtshoorn, Raadslid Conal Sylvester – ook ‘n groot kampvegter vir sporttoerisme - gaan die byeenkoms Saterdagoggend open en alle belangstellendes word genooi. 

    

Die Tweekamp vind Saterdag [Opening 07:30, hardloop begin 08:00] by die De Jager Sportkompleks plaas  en direk daarna die swem by die NA Smit-swembad.  Toegang is gratis!  Vanjaar se aanbieders is die SWD in met die bystand van die veral WP, Boland en OP. Hierdie byeenkoms dra jaarliks miljoene by tot die ekonomie van Oudtshoorn.               

               

Vir enige navrae kan Dave van der Walt by 082-7734901 skakel.

SWD HISENSE “DOUBLES” 2017

Die 2017-seisoen van tweekamp in die SWD is Dinsdagaand ingewy met die tradisionele HISENSE DUBBELS-byeenkoms.  Die kompetisie is besonders in die opsig dat twee atlete ‘n span vorm en dan doen elke atleet net een van die bene – of hardloop of swem. Elke atleet se punte behaal word dan saamgevoeg om die wenners te bepaal! Vanjaar het nie minder nie as 35 spanne deelgeneem.  Besonders was ook die feit dat ‘n span van gestremde atlete ook deelgeneem het!

Foto’s aangeheg:

0292  -        Al die spanne wat deelgeneem het

0321 -                   Die wenners:  vlnr:  Chris van Wyk en Llewellyn Viljoen [tweede]; Johans Windt en Elmé Viljoen [wenners]; Bianca le Grange en Francois Mqwassie [derde].

 

Eerskomende Dinsdag, 24 Januarie,  vind die SWD Proewebyeenkoms op Oudtshoorn plaas waar die spanne wat aan die HIGHGATE-byeenkoms op 4 Februarie gaan deelneem, gekies gaan word.

 

JOHAN WINDT TOP MANSATLEET OP SA KAMPIOENSKAPPE

Die HIGHGATE SWD Tweekampspan is terug vanaf die 41 ste SA TWEEKAMP Kampioenskappe die afgelope naweek in Bloemfontein. Meer as 660 van die Suid-Afrika se top tweekampatlete van 14 provinsies het daar meegeding om die kroon as die beste atleet in hulle ouderdomsgroepe. Die WP het hulle nasionale spantitel met welslae verdedig met die gasheerprovinsie, Suid-Vrystaat in die tweede plek en Gauteng-Noord derde. SWD het in die 6 de plek geëindig - die beste van die kleiner provinsies! SWD se seniors het vir ‘n groot verassing gesorg deur vierde te eindig.

SWD se groot ster was ongetwyfeld Johan Windt [Mans Meesters]. Hierdie boorling van Mosselbaai het tenspyte van ‘n dyspierbesering ‘n nuwe SA Rekord van 2433 punte opgestel. Dit was veral sy swem [34,77] wat hom gehelp het - hy het sy beste tyd verbeter met 4 sekondes! Johan is ook aangewys as die Senior Victor Ludorum van die SA Kampioenskappe!

Ook Chris van Wyk [Senior Veterane - 2304 punte] het ‘n silwer medalje huis toe gebring en Gustav Schlechter die brons medalje [S/17] met ‘n punt van 2346. Ander puik prestasies was gelewer deur:
Yvette Borrett Dames Veterane 4de 2375
Luca Potgieter S/11 7de 2143
Ludik Muller S/13 9de 2227
André Kleynhans S/17 8ste 2258
Bernard Zaayman Junior Veterane 10de 2029
Marius Schlechter Senior Veterane 6de 2085
Kurt Tohermes Mans Meesters 4de 2297 [besoekende Duitse gas-atleet]
Lara Schlechter D/17 6de 2274
Tanya Osborne Dames Veterane 7de 2312

SWD het ook 5 atlete met gestremdhede ingeskryf en hulle het puik gedoen. Jannie Lourens was die beste mans-atleet en Michelle Lombard die beste dames-atleet.

Sante Fe Spur, Karoopot en Brians Grill het aanmoedigingspryse aangebied en die volgende atlete het daarmee weggestap:
Senior Mans Johan Windt
Senior Dames Yvette Borrett
Junior Mans Gustav Schlechter
Junior Dames Lara Schlechter

Dit bring ook die 2016 tweekampseisoen tot ‘n einde. HIGHGATE SWD Tweekamp wil net baie dankie sê aan al die borge en donateurs wat hulle die afgelope seisoen ondersteun het. So ook aan al die skole, klubs, afrigters, beamptes, media en ouers! Die nuwe seisoen begin weer 1 September 2016!

Foto's word apart aangeheg.


Dave van der Walt
Voorsitter

 


Schlechter-gesin van Plettenbergbaai - Pa Marius, seun Gustav en dogter Lara neem almal deel by Ma Tanya!

Kurt Tohermes, Duitse gas-atleet

Die SWD Span in die optog tydens die opening

Chris van Wyk [Sen Vet] van Mosselbaai - Silwer medalje

Die SWD Atlete met Gestremdhede [Eljada - Oudtshoorn] is luid toegejuig toe hulle omdraai en die blinde atleet van Guateng-Noord, Amanda Blom, gaan ondersteun het!

Gustav Schlechter [George, Kwaggas] - brons medalje

Johan Windt [Mosselbaai] - SA Rekord & Sen Victor Ludorum.

SPORTGEES SOOS NET TWEEKAMPERS KEN……

Mooi storie – dit onderstreep net weer die ongelooflike omgee-gees onder tweekampers!  Die brief kom van ‘n OP-atleet se moeder.

 

Dear SWD Biathlon team

 

‎It is with great pride, and emotion, that I send this picture. My daughter Caitlin, was running in the U/11, and had started really well. Unfortunately the heat affected her quite quickly and she slowed down to almost last ‎towards the last turn of the final lap.

 

We found this picture taken of my daughter and one of your team members, according to the results, we seem to think her name is Catherine.

 

As Catherine passed Caitlin, she slowed‎ down and waited for Caitlin. Catherine then said to Caitlin, 'You can do it, come on.'

Catherine then sprinted too the finish. As Caitlin finished the run, Catherine came up to her and said to her, 'I knew you could.'

 

We would like you to thank Catherine for us. She, and her parents can be proud of her sportsmanship.‎ 

 

All the best to another successful Biathlon season.

 

Regards

 

Jacqui Rademakers 

KAPASITEITSBOU DEEL VAN SWD TWEEKAMP SE VISIE

Die afgelope 2 jaar was Kapasiteitsbou deel van SWD Tweekamp se visie.  Die kwynende vrywillersbasis vir veral beamptes by byeenkomste, het ‘n algemene tendens geword – nie net by tweekamp nie, maar byna alle sportsoorte word daardeur geraak.  SWD Tweekamp moes toe ook kreatief begin dink en daar is besluit om veral op hoërskoolleerders te konsentreer om die vakuum te probeer vul!  Vanjaar het SWD Tweekamp, met die ondersteuning van die Weskaapse Departement van Kultuursake en Sport [DKES], die visie verder verbreed en is gestremde persone ook by die Kapasiteitsbou-werkswinkel ingesluit.

 Op Dinsdagaand 2 Augustus 2016 het SWD Tweekamp 'n kapasiteitsbou werkswinkel gehou om veral beampteskap onder leerders van skole en gestremde persone te laat posvat en sodoende die tekort aan beamptes te probeer teenwerk.  Nie minder nie as 38 persone die werkswinkel bygewoon wat by die EDEN Sportakademie op Oudtshoorn aangebied is.   Abri de Swardt, bekende in die atletiekkringe, Sureta Badenhorst van EDEN Aquatics, en Dave van der Walt van SWD Tweekamp was die aanbieders. 

 In sy openingsrede het Dirk van der Westhuizen van die DKES [Eden] kantoor, die pleit gerig dat al hierdie kursusgangers hulle volle gewig by byeenkomste sal ingooi.  Hy het ook gewaarsku teen die talle versoekings wat soms op die pad van beamptes gekom. Hier het hy verwys na korrupsie, dwelms, oneerlikheid en partydigheid. Hy het ook SWD Tweekamp geloof vir hulle volgehoue pogings om dié sportsoort te ontwikkel. Dave van der Walt het die werkswinkel eers op ‘n Powerpoint-aanbieding deur tweekamp as ‘n sportsoort geneem waar veral op die pligte van die beamptes gekonsentreer is.  Dit is opgevolg deur ‘n teoretiese en praktiese sessie oor hoe tydhou moet geskied deur Abri de Swardt. Na ‘n heerlike warm aandete in ‘n koue Oudtshoorn, het Sureta Badenhorst die swemafdelings hanteer.  Elke deelnemer het 'n sertifikaat ontvang wat deur die Vise-voorsitter van SWD Tweekamp, Godfrey McCallum, aan hulle oorhandig is.

Indien daar enige persoon is wat belang stel om op beampte-en administrasievlak by tweekamp betrokke wil raak, kan hulle gerus vir Dave van der Walt kontak by 082-773401 of davesus@telkomsa.net

 

HIGHGATE 6 Feb 2016 - Oudtshoorn

TWEE SKITTERENDE SA REKORDS OP HIGHGATE TWEEKAMP!

Die 25e HIGHGATE/DCAS/Groter Oudtshoorn Munisipaliteit Interprovinsiale Tweekampbyeenkoms op Oudtshoorn, Saterdag 6 Februarie 2016, het weer vir prestasies uit die boonste rakke gesorg! Bo en behalwe die twee SA rekords, is tweekamp van hoogstaande gehalte deur die 7 provinsies [WP, BOL, SWD, OP, Vrystaat, Grens & Griekwas] se meer as 420 atlete gelewer - en dit in die kenmerkende 43° hitte wat Oudtshoorn sy besoekers welkom geheet het!

Die spankompetisie is vanjaar gewen deur BOLAND met 107179 punte, gevolg deur WP met 101465 en SWD met 82144 punte in die derde plek. OP [66149] was vierde.

Toni Rafferty [D/15] van OP het ‘n nuwe SA rekord van 2473 daargestel en Johan Windt [Meesters Mans] van SWD die Meesters Mans rekord na 2425 - een punt beter! Albei is ook ‘n nuwe byeenkomsrekords. Gustav Schlechter [S/15 - SWD] het ook ‘n nuwe byeenkomsrekord van 2289 opgestel. Ook Jenna Biddulph [D/11 - OP] se 2248 is ‘n nuwe byeenkomsrekord. Toni Rafferty is dan ook aangewys as die Junior Victrix Ludorem van die byeenkoms. Die Junior Victor Ludorem was Ruard van Renen [S/13] van WP, die Senior Victrix Ludorem Liezel Wessels [Dames Veterane] van Boland en die SWD se Johan Windt [Mans Meesters] die Senior Victor Ludorem.

SWD se medaljewenners was:
Gustaf Schlechter S/15 Goud
Juan Pretorius Junior Veterane Mans Goud
Chris van Wyk Veterane Mans Goud
Johan Windt Meesters Mans Goud SA Rekord
Lamé Gouws D/9 Goud
Yvette Borrett Veterane Dames Silwer
Walter Lutsch Junior Veterane Mans Brons
Lara Schlechter D/17 Brons
Marius Schlechter Senior Veterane Mans Brons

Ander puik prestasie is gelewer deur
Luca Potgieter S/11 4e
Ludik Muller S/13 5e
Tammy Greenwood D/11 5e
Bianca le Grange D/17 5e
Cayla la Kay Senior Dames 4e
Lorinda du Preez Junior Veteran Dames 4e
Tanya Osborne Veterane Dames 4e

In die wedloop vir Gestremde atlete word daar nie ‘n wenner aangewys nie maar elkeen wat klaarmaak [400m hardloop & 50m swem] het elkeen ‘n medalje ontvang!

Die volgende SWD Ligabyeenkoms is eerskomende Dinsdag 9 Feb 2016 om 18:00 in Mosselbaai by die Van Riebeeck Stadion [hardloop] en Laerskool Park [swem].

 

MEDIABERIG

SWD TWEEKAMP PUIK IN PORT ELIZABETH

Die HIGHGATE SWD Tweekampspan het die afgelope Saterdag saam met WP, Grens, OP en Vrystaat, aan die 20ste OP Interprovinsiale byeenkoms in Port Elizabeth deelgeneem. Die winderige toestande het die atlete nie juis afgeskrik nie en puik vertonings is alreeds vroeg in die seisoen gelewer. Die HIGHGATE SWD-span bring egter 12 medaljes terug en ending tweede na OP in die spankompetisie. Johan Windt word ook aangewys as die Senior Victor Ludorem van die byeenkoms.

Die medaljewenners was:
D/9 Lané Gouws Brons
S/11 Luca Potgieter Silwer
D/13 Trisha Pollicutte Silwer
D/15 Kirsten Barbour Brons
D/17 Bianca le Grange Silwer
D/17 Lara Schlechter Brons
S/17 André Kleinhans Goud
D/19 Cayla le Kay Brons
S/19 Dylan van Wyk Goud
Mans Jun Veterane Walter Lutsch Goud
Dames Veterane Tanya Osbourne Goud
Mans Meesters Johan Windt Goud [verbeter ook OP rekord]

Ander uitstekende prestasies is ook gelewer deur Marius-Hugo Schlechter [4], Ludick Muller [4], George Marais [4] en Gustav Schlechter [5].

 

 

 

GESLAAGDE TWEEKAMP ONTWIKKELINGSKLINIEK IN BITOU

26 ontwikkelingsatlete en onderwysers het op Woensdag 11 Nov 2015 op Plettenbergbaai aan 'n ontwikkelingskliniek deelgeneem.  Afrigting in hardloop [Marius-Hugo Schlechter] en swem [Chris van Wyk] is aangebied en baie potensiaal is geidentifiseer.  Die atlete het ook aan 'n mini-byeenkoms deelgeneem.  Die kliniek is aangebied deur SWD Tweekamp in vennootskap met die Weskaap Departement van Kultuursake & Sport en gereël deur Dave van der Walt [voorsitter]. CIA van George het ook sportklere geskenk wat aan die atlete gegee is.        

SWD TWEEKAMP SE "DOUBLES"-BYEENKOMS OPEN SEISOEN

Die afgelope Dinsdag [19 Jan] het 30 spanne ingeskryf vir die ontwikkelingsbyeenkoms wat jaarliks deur SWD Tweekamp aangebied word in vennootskap met die Weskaapse Departement van Kultuursake & Sport [DCAS].  Die prinsiep dat 'n erkende tweekamatleet 'n nie-tweekamper kry om een van die bene [swem of hardloop] te doen, ontwikkel beslis die sport.  Die byeenkoms het vanjaar twee wenspanne opgelewer - elkeen met presies 2275 punte! Die Mosselbaaise span van Johan Windt en Danelle Gerber en die Oudtshoorn span van Bianca le Grange en Francois Maquasa het die louere gedeel met die George span van Lukas du Preez en sy dogter, Lurinda in die derde plek met 2220 punte!

 

Volgende Dinsdag [26 Jan] vind die SWD Proewebyeenkoms op Oudtshoorn plaas vir die kies van die SWD-spanne [meriete, B- en Ontwikkeling] wat aan die HIGHGATE/DCAS/GROTER OUDTSHOORN INTERPROVINSIALE BYEENKOMS op 6 Februarie

2016 gaan deelneem.

 

 

 

SWD TWEEKAMP MINI-SPAN BRING 9 MEDLAJES TERUG

‘n Klein HIGHGATE SWD Tweekampspan bestaande uit 14 atlete het vir die eerste keer aan die VRYSTAAT INTERPROVINSIALE TWEEKAMPBYEENKOMS gaan deelneem.  Dit is op 3 & 4 Okt 2015 in Bloemfontein op die puik sportterrein van Kovsies aangebied en VS, OP, SWD, Griekwas, Noordwes en Grens het deelgeneem.  Die SA Kampioenskappe vind ook volgende jaar in Bloemfontein plaas en dit het aan die SWD-atlete ‘n kans gegee om die omstandighede kennis te maak.  Sondag is ook ‘n Biathlo-byeenkoms aangebied waar van die SWD-atlete deelgeneem het.

 

Die medaljewenners was as volg:

S/15     LUCA POTGIETER        GOUD

D/13    TRISHA POLICUTTE     GOUD

SEN D  STEPHNIE McKAY        SILWER

SEN D  ABIGAIL McKAY           BRONS

S/17     ANDRE KLEYNHANS    BRONS

D/15    KRISTIN BARBOUR      BRONS

 

BIATHLO

S/17     ANDRE KLEYNHANS    GOUD

S/15     HENDRIK VISSER         SILWER

S/13     DE WIT BOTMA          BRONS

 

Die SWD Tweekampseisoen begin volgende week in alle erns met die AJV en Proewebyeenkoms op 13 Okt 2015 op Oudtshoorn en die OP Interprovinsiaal op 24 Okt 2015 in Port Elizabeth.  Vir enige inligting kan Dave van der Walt [082-7734901] gekontak word.

 

KANGOGROTTE SWD TWEEKAMPSPAN

SWD "DOUBLES" 2015

Die "Doubles"-konsep behels waar die een atleet een been van tweekamp [hardloop of swem] doen en ’n nie-tweekamper kry om die ander been te doen.
SWD Tweekamp gebruik dit om kapasiteit te ontwikkel. Dit word aangebied in samwerking met die Wes-Kaapse Departement van Kultuursake & Sport en Hisense het van die pryse geborg.

Vanjaar se wenners was:
HARDLOOP SWEM
TOTAAL
1 Thabiso Panda 17 06:16:00 1220 Hainto
Vermeulen 17 01:03 1137 2357
2 San_Mari Mulder 17 03:18:00 1135 Dylan Barnard
19 00:58 1120 2255
3 Bianca la Grange 17 03:17:00 1140 Piet Keller
19 01:03 1097 2237

Foto’s
Al die deelnemende spanne wat deelgeneem het;
Al die wenners saam met Johan Windt [Hisense] wat van die pryse geborg het
Vlnr: Johan Windt [Hisense], Piet Keller & Bianca le Gange [3de] - Lnagenhoven Gim, Hainto Vermeulen & Thabiso Panda [Wenners] HS
Oudtshoorn en Dylan Barnard & San-mari Mulder [2de] HS
Outeniqua

 

SA REKORD VIR JOHAN WINDT OP KANGOGROTTE INTER.

TWEE SA REKORDS BY KANGOGROTTE TWEEKAMP

 

In die alreeds bekende hitte-weer van Oudtshoorn, het 7 provinsies [en 465 atlete] mekaar verlede Saterdag die stryd aangesê om te kyk wie is die beste span in die Suide van Suid-Afrika by die 24ste jaarlikse KANGOGROTTE/DCAS/GROTER OUDTSHOORN INTERPROVINSIALE BYEENKOMS. En om so vroeg in die seisoen alreeds te kan spog met twee nuwe SA rekords, wys van watter gehalte die byeenkoms is. Vanjaar is die byeenkoms aangebied deur SWD Tweekamp in vennootskap met WP Tweekamp.

 

Die hoogtepunt was voorwaar die twee SA rekords wat deur Adrian Taylor [S/15, WP - 2289] en Johan Windt [Meester Mans, SWD – 2409]. Dit was veral SWD se Johan Windt wat die toeskouers op hulle voete gehad het met sy 2:29,15 in die 800m en 36,21 in die 100m swem!  Min mans bo 60 kan hom dit nadoen!  In die mans Senior Veterane [50-59jaar] het Micheal Forbes van GRENS die byeenkomsrekord verbeter na 2352. Nie minder nie as 3 atlete het die 100m swem in minder as ‘n minuut afgelê – met Reinhard Haupt van SWD met die vinnigste tyd van 57.27.

 

Vir die eerste keer is ‘n item vir atlete met gestremdhede op die program ingevoeg en watter wonderlike ervaring was dit nie.  Alle gestremde atlete het ‘n 400m om die baan en 50m swem voltooi voor ‘n pawiljoen vol staande toeskouers!  Van SWD het deelgeneem Jafta McQuire, Minke Janse van Rensburg en Anthony Kitson. SWD Tweekamp nooi graag atlete met gestremhede uit om te kom deelneem.

 

Die spankompetisie is vanjaar deur WP gewen met 123219 punte, gevolg deur BOLAND 114441 en SWD met 86137 punte in die derde plek.  Vierde was OP gevolg deur GRENS, VRYSTAAT en GRIEKWAS. Die top prestasies was:

Junior Victor Ludorem – GJ Badenhorst BOLAND; Junior Victrix Ludorem – Hannah Kiley SWD; Senior Victor Ludorem – Johan Windt SWD; Senior Victrix Ludorem – Liezel Wessels BOLAND.

 

SWD se medalje-oes was ‘n skitterende 13 – [6 goud, 4 silwer & 3 brons]  Boonop het 3 atlete skitterende 4de plekke behaal.  Die medaljewenners was:

 

Luca Potgieter              S/9      2114     GOUD

Marnus Kotzé               S/11     2115     BRONS

Johan Windt                MM      2409    GOUD  - SA REKORD

Eugene v d Merwe         S/13     2353    GOUD

Trisha Pollicutte          D/13     2306    GOUD

Kirsten Barbour            D/13     2290    SILWER

Hannah Kiley                D/15     2331     GOUD

Luné v d Westhuizen    D/15     2281     SILWER

Chris van Wyk              MV       2281     GOUD

Isabelle Brink               DV        2208    BRONS

Mihan Roos                   JV        2223    SILWER

Reinhard Haupt            S/17     2355    SILWER

Dylon van Wyk              S/19     2141     BRONS.

Verdienstelike 4de plekke is behaal deur Luke Leggatt [S/11],  André Kleynhans [S/15] en Yvonne du Plessis [D/17].

 

NS:  Foto’s word apart aangeheg.         

Vir enige navrae kan Dave van der Walt by 082-7734901 skakel.

TWEEKAMP - DIE SPORT VIR DIE HELE GESIN!

Die visie van SWD Tweekamp is om meer as net ’n geleentheid te bied om aan sport deel te neem - dit streef daarna om vir deelnemers ’n lewenswyse te help skep. Vir baie jare later wil tweekamp sien dat daar nog gehardloop en geswem word, maak nie saak of die person op Pofadder of in Pretoria woon nie!

Tweekamp bestaan uit swembadswem [50m of 100m] en baanhardloop [800m tot 2000m] By Tweekamp word die tyd behaal in beide die swem en hardloop in punte omskakel [d.m.v. ’n gestandaardiseerde puntetabel] en dan bymekaar getel vir die totaal. Vanaf die junior veterane word bonuspunte bygereken [ongeveer 15 punte per jaar] vir elke jaar wat die atleet ouer is as die aanvangsdatum. 2000 punte word beskou as ’n billike punt om in aanmerking vir ’n provinsiale span te kom [5 per ouderdosmgroep], maar die finale besluit word deur die keurkomitee geneem.

Die ouderdomsgroepe is as volg: 0/9, 0/11, 0/13, 0/15, 0/17, 0/19, Senior of Ope [enige ouderdom], Junior Veterane [27-39jr], Veterane [40-49jr], Senior Veterane [50-59jr] en Meesters [60+]. Die SA Kampioenskappe maak slegs voorsiening vanaf 0/11.

Die afstande is as volg:[hardloop en swem] 0/9 & 0/11 [800m-50m]; S/13 [1200m-100m]; S/15 [1500m - 100m], S/17, S/19 en Senior Mans [2000m-100m]; Alle dogters/dames en veteran tot senior veteran [1000m -100m] en meesters[800m - 50m].

Die amptelike seisoen strek vanaf September tot April en die bepaling van die ouderdomsgroep is as volg: die ouderdom wat die atleet op 31 Augustus is, bepaal sy deelname ouderdomsgroep vir die res van die seisoen.

In die SWD word verskeie ligabyeenkomste [4] aangebied asook ontwikkelingsklinieke [4] asook twee interprovinsiale byeenkomste. Die byeenkomste roteer tussen George, Oudtshoorn en Mosselbaai. Die kleredrag vir ligabyeenkomste is die skool of klub se amptelike atletiek- en swemdrag. Provinsiale klere word net vir provinsiale geleenthede gebruik. Skole/klubs en atlete registreer en lisensieer by die eerste byeenkoms in Oktober van elke jaar.

Tweekamp is ’n sportsoort wat geweldig baie bied vir die deelnemer en betrek die hele gesin. Dit is ’n sportsoort wat nie tydgebonde is nie - daar is deelnemers wat tot 80 jaar oud word!

Die KANGOGROTTE is die amptelike borg van SWD Tweekamp en die tradisionele Highgate Inter-provinsiaal word nou die KANGOGROTTE Groter Oudtshoorn INTERPROVINSIALE TWEEKAMPBYEENKOMS. Die AJV van SWD Tweekamp vind op 14 Oktober 2014 op Oudtshoorn plaas.

Aangeheg ook die datumlys vir 2014/5. Vir enige navrae kan Dave van der Walt by 082-7734901 gekontak word.

 

SWD PUIK OP OP INTERPROVINSIAAL 2014

SWD TWEEKAMP PUIK IN PORT ELIZABETH

Die afgelope Saterdag het die SWD Tweekampspan aan die OP Interprovinsiale Byeenkoms in Port Elizabeth deelgeneem.  Die hardloopkomponent is op die Westbourne Oval afgehandel terwyl die swem in die nuut-oorgedoende Newton Park swembad geskied het – die eerste byeenkoms weer in 18 maande in hierdie swembad!  Die ander provinsies wat deelgeneem het was Grens, OP en Vrystaat.  Die span kompetisie is deur OP gewen met SWD in die tweede plek gevolg deur Grens en dan Vrystaat.

Die SWD span het met 12 medaljes teruggekeer – 5 goud, 6 silwer en 1 brons!  Daarbenewens het nog 5 atlete onder die top 5 in hulle ouderdomsgroepe geeindig.  Seker die mees uitstaande oomblik van die byeenkoms was Reinhard Haupt se skitterende tyd van 57,80 in die 100m swemitem – dit nadat hy eers die 2000m hardloop afgehandel het!

Die medaljewenners was:

D/9 Lia Kotze Goud 2021
S/9 Luca Potgieter Goud 2082
D/13 Trisha Policutte Goud 2260
D/13 Kirsten Barbour Silwer 2241
S/13 Eugene v d Merwe Goud 2277
S/13 Gustav Schlechter Silwer 2129
S/15 André Kleyhans Silwer 2125
D/17 Yvonne du Plessis Silwer 2188
S/17 Reinhard Haupt Goud 2217
S/19 Dylan van Wyk Silwer 2197
Dames Ope Stephnie McKay Goud 1838
Mans Ope Francois Maquassa Silwer 1807

Vir enige navrae kontak asb vir Dave van der Walt by 082-7734901.

WES-KAAP DEPARTEMENT SPORT OORHANDIG FONDSE AAN SWD TWEEKAMP

Tydens ’n funksie by Brenton-on-Sea op 8 April 2014 het die WC DKES R1 180 000 aan 26 SWD Sportfederasies oorhandig vir die bedryf en bevordering van sport in die SWD. Op die foto oorhandig Dr Ivan Meyer, WK Minister van Sport, die tjek aan Yvonne McKay [tesourier] en Dave van der Walt [Voorsitter].

KANGOGROTTE-SWD TWEEKAMP BRING 4 MEDALJES TERUG UIT NOORDWES

Die afgelopenaweek het die KangogrotteSWD-span van 44 aan die 39e SA Tweekampkampioenskappein Potchefstroom deelgeneem. Meer as 600 van Suid-Afrika se top atlete van 16 provinsies het deelgeneem.Ongelukkigmoes die atlete op ’n grasbaanhardloopaangesien die nuweTartanbaanniebetydsklaarkonweesagv die baiereën in die NoordwesProvinsies. Tog het ditnieafbreukgedoenaan die ywer en gees waarmee die atletedeelgeneem het nie.

Die dun lug van die hoëveld het egter die kusprovinsies se atletegetref en beslis die prestasiesgeaffekteer. SWD het in die spankompetisiesewendegeëindig en konegtersorgvir 4 medaljes:

D/11 Trisha Pllicutte Silwer 2214 [George]
Selma du Preez Silwer 2214 [Oudtshoorn]
D/19 May du Plessis Brons 2198 [George]
Meesters Mans Johan Windt Silwer 2339 [Mosselbaai]

Ander atletewatonder die eerste 10 plekkekoneindig, was:
S/11 De Wit Botma 4 2123
Deon Horne 5 2117
D/11 Jenna Borrett 8 2183
S/13 George Marais 7 2294
D/13 Hannah Kiley 9 2276
D/15 Yvonne du Plessis 5 2358
D/17 Mijancke Steyn 10 2189

Op die AJV van SA Tweekamp is die voorsitter van SWD Tweekamp, Dave van der Walt,herkies as die Vise-President van SA Tweekamp en as lid van die SA Keurkomitee. Volgendejaar [2015] se SA Twee-kampkampioenskappevind in Stellenbosch plaas en word aangebieddeur die WP.

TOP TOEKENNING VIR JOHAN WINDT

Tydens SWD Sportraad se Gala Sporttoekkenningsaand, is Johan Windt, Vise -Voorsitter van SWD Tweekamp, aangewys as die wenner in die afdeling LEWENSPRESTEERDER vir sy deelname en bydrae tot sport sedert 1989. Hiermee word hy nou 'n finalis in die Wes-Kaap Sporttoekenings Galafunksie.

 


 
 
Coming Soon
 
© Kopiereg © SWD Tweekamp. Alle regte voorbehou. - Webtuiste ontwerp en gehuisves deur JCW Hosting