Ontwikkeling/Development

GESLAAGDE TWEEKAMP ONTWIKKELINGSKLINIEK IN BITOU

26 ontwikkelingsatlete en onderwysers het op Woensdag 11 Nov 2015 op Plettenbergbaai aan 'n ontwikkelingskliniek deelgeneem.  Afrigting in hardloop [Marius-Hugo Schlechter] en swem [Chris van Wyk] is aangebied en baie potensiaal is geidentifiseer.  Die atlete het ook aan 'n mini-byeenkoms deelgeneem.  Die kliniek is aangebied deur SWD Tweekamp in vennootskap met die Weskaap Departement van Kultuursake & Sport en gereël deur Dave van der Walt [voorsitter]. CIA van George het ook sportklere geskenk wat aan die atlete gegee is.        

 

KAPASITEITSBOU DEEL VAN SWD TWEEKAMP SE VISIE

Op Donderdaand 11 Maart 2015 het SWD Tweekamp ‘n kapasiteitsbou werkswinkel gehou om veral beampteskap onder leerders van skole te laat posvat en sodoende die tekort aan beamptes te probeer teenwerk.  Nie minder nie as 36 leerders en ouers het die werkswinkel bygewoon.  Abri de Swardt het die atletiek en Sureta Badenhorst die swemafdelings.  Elke deelnemer het ‘n sertifikaat ontvang.

SWD BIATHLON DEVELOPS IN BITOU

The Plettenberg Bay / Knysna Development Clinic was held on 5 March 2015 at the Plettenberg Bay Primary School. 33 athletes and teachers attended and this was a breakthrough for biathlon in that area. Schools that attended was Plettenberg Bay Primary, Greenwood Independent School and Plettenberg Bay SS. The clinic was organised by Dave van der Walt and was run by Chris van Wyk, the Development/Transformation officer of SWD Biathlon. He also coached the swimming leg while Marius Schlechter coached the running leg.
This was done in conjunction with the Dept of Cultural Affairs & Sport.

DOUBLES-BYEENKOMS, OUDTSHOORN, 4 FEB 2014

ONTWIKKELINGSKLINIEK, OUDTSHOORN, 29 OKT 2013 - Langenhoven Gimnasium

Die ontwikkelingskliniek het alle verwagtinge oortref - daar is beplan vir 40, maar 61 het laat weet hulle kom terwyl uiteindelik slegs 52 opgedaag het - steeds ‘n ‘n goeie opkoms vir ‘n ontwikkelings- tweekampkliniek in die SWD.

Die organisering is gedoen deur Dave van der Walt, Voorsitter van SWD Tweekamp en die hulp van Tian Stemmet van Langenhoven Gimnasiun aangesien die swembad in Bridgton nie gereed was vir gebruik nie.

Die aanbieding is gedoen deur Chris van Wyk [swem], die Ontwikkelingsbeampte van die SWD en bygestaan deur Johan Windt [hardloop] Daar was ook 6 afrigters wat die kliniek bygewoon het.

Aan die einde van die kliniek het elkeen ‘n kospakkie ontvang en twee belowende atlete is aangewys vir aansporingspryse aan die einde van die kliniek.

Die kliniek was ‘n reuse sukses en is ook so deur die plaaslike media gedra. Aangeheg is ook die uitnodigingsbrief, inkomste & Uitgawestaat asook foto's.

Die Skoolhoof/Sportorganiseerder

ONTWIKKELINGSKLINIEK : LANGENHOVEN GIMNASIUM, OUDTSHOORN

SWD Tweekamp in samewerking met die Departement van Kultuur & Sport, beplan om op Dinsdag 29 Okt 2013 tussen 15:00 - 17:00 ‘n ontwikkelingskliniek aan vir potensiële tweekampers/biathlo-atlete aan te bied. Die kliniek word by Langehoven Gimnasium se swembad op Oudtshoorn aangebied en ons nooi graag u skool uit om van hierdie geleentheid gebruik te maak. Dit word gratis aangebied en kursusgangers kry ook gratis verversings tydens die kliniek. Ons mark by hierdie kliniek konsentreer op die laerskoolleerders in u koshuise asook die hoërskoolleerders van Langenhoven Gimnasium. SWD Tweekamp skenk ook ‘n bedrag aan die skool vir die genruik van die geriewe.

Tweekamp/Biathlo is ‘n sportsoort wat bestaan uit 2 komponente - swem en hardloop. Dit is ‘n sportsoort wat geweldig uitbrei en boonop poog ons om daardeur ook die kinders ‘n lewensvaardigheid in swem te leer.

Ons wil ook van u personeel nooi om hierdie kliniek by te woon om sodoende meer van die sportsoort en sy afrigting te kan leer. U kan die onderstaande inligtingsvorm invul en terugstuur aan die volgende adres : Dave van der Walt.
• Faks na 044-2722580 / 044-2725365 of
• E.pos na davesus@mweb.co.za of
• Skakel by 0827734901.[ook indien u meer inligting verlang]

Graag hoor ons van u.

ONTWIKKELINGSKLINIEK Langehoven Gim, OUDTSHOORN

 
ZOAR TWEEKAMPONTWIKKELINGSPROJEK
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
LADISMITH 2008
   
KLEIN KAROO VAARDIGHEIDSKOOL 2007
 
MOSBIATHLO 2006
   
BRIDGTON 2005
 
CALITZDORP 2005
 
 


 
 
Coming Soon
 
© Kopiereg SWD Tweekamp. Alle regte voorbehou. - Webtuiste ontwerp en gehuisves deur JCW Hosting