Transformasie/Transformation

Kliek regs en kies "Save Target As" om Transformasiebeleid af te laai
Transformasiebeleid (84kb)

GESTREMDES
Die betrokkenheid van fisiese gestremdes in tweekamp blyk minimaal te wees aangesien dit die twee komponente van swem en hardloop behels. Tog is SWD Tweekamp in gesprek met die plaaslike Vereniging van Gestremdes om die sportsoort te bevorder. ‘n Spesiale kliniek word beoog om tydens vanjaar [2004] se Jeugfees hierdie beleid verder te voer en prakties te implementer.

ONGELYKHEID VAN DAMES IN SPORT
SWD Tweekamp is alreeds ver gevorder op hierdie gebied nadat daar die afgelope tyd baie aandag daaraan gespandeer is. Soos die aangehegte organigram van die Bestuur van SWD Tweekamp aandui, is heelwat dames in bestuurposisies. Die Vise-Voorsitter, Algemene Sekretaris, Sekretaris : Beamptes, Tesourier, Verteenwoordiger vir Seniors, asook die 4 streeksverteenwoordigers. Die probleem het nou ontstaan dat daar myns insiens te min mans [3] op die bestuur is. Tog lewer die dames ‘n uitstekende diens is groei SWD Tweekamp positief.

DJ van der Walt
Voorsitter

Alle dokumente is in PDF formaat
Laai asb Acrobat Reader 5 of later af

 


 
 
Coming Soon
 
© Kopiereg SWD Tweekamp. Alle regte voorbehou. - Webtuiste ontwerp en gehuisves deur JCW Hosting